BOND VAN DIE VERMEULEN FAMILIE                   

 

 

 


 

 


STIGTING VAN DIE BOND VAN DIE VERMEULEN FAMILIE:

 

Die Vermeulens woonagtig in Suid-Afrika stam hoofsaaklik uit twee  verskillende  stamvaders naamlik :

 (1)  Jan (Willemszoon)
(2)
Dirk (Corneliszoon)

 Afstammeling van hierdie twee families het op 3 Maart 2000 te Klerksdorp, Suid Afrika vergader en die BOND VAN DIE VERMEULEN FAMILIE is gestig.


Op die stigtingsvergadering is die grondwet saamgestel en die volgende lede is aangewys as die eerste bestuur:
   

            a) Johan Vermeulen (Voorsitter)        -  018 4681473   -  jverm@lantic.net
            b) Izak Vermeulen                               - 011 793 7271           

            c) Hannetjie Vermeulen                      - 014 743 2793

            d) Johan Vermeulen                            - 021 553 1885

 

Op die algemene jaarvergadering, gehou op 12 Mei 2001 te Klerksdorp, is die volgende persone as die tweede bestuur verkies:

a) Johan Vermeulen (Voorsitter)        -  018 4681473   -  jverm@lantic.net
            b) Izak Vermeulen                               - 011 793 7271           

            c) Anna Fourie                                    - 0847596579
            d) Johan Vermeulen                            - 021 553 1885

 

            BYEENKOMSTE:

 

            Gereelde byeenkomste word gehou : Sien besonderhede van byeenkomste .

 

GESLAGSREGISTER:

 

Die Bond is van voorneme om die Vermeulen geslagsregister, indien moontlik gedurende 2004 te laat druk.

Ten einde die gevoel en voorstelle van die Bondslede, asook ander belangstellendes – veral Vermeulen afstammelinge- te bekom is  die ondervermelde omsendbrief saamgestel en sovêr moontlik gesirkuleer :

           

                                                            DIE BOND VAN DIE VERMEULEN FAMILIE

( www.users.lantic.net/jverm )

 

             Telefoonnommer : (018) 4681473                                                                        Posbus 1856

             Selnommer :       083 627 0573                                                                           Klerksdorp

             E-pos :             jverm@lantic.net                                                                        2570
                                                                                                                                    9 Februarie 2004

 

 

                                                            OMSENDBRIEF : NR. 1/2004/05

 

Geagte Vermeulen afstammeling,

Navorsing ivm. die afstammelinge van die twee Vermeulen stamvaders het ‘n punt bereik waar ontbrekende en/of nuwe inligting nie meer algemeen bekombaar is nie en van die persone wie se inligting nog ontbreek is oor die algemeen traag om op navrae te reageer.

Daar word nou oorweeg om die Vermeulen geslagsregister gedurende 2004 te laat druk en beskikbaar te stel. Daar moet by die volgende jaarvergadering besin word oor die druk en formaat van die register.

 

Die register self gaan besonderhede bevat van nagenoeg 16 000 persone, almal aan die stamvaders verwant (direk of aangetroud).  Bestuur is van mening dat dit ‘n hardebandboek moet wees, genommer vir eksklusiwiteit, met ‘n volledige indeks en fotos – waar beskikbaar. Die volledige register gaan na beraming 750 bladsye beslaan. Die koste per boek sal afhang van die kwaliteit, aantal bladsye ens. – maar veral van die oplaag. Die koste kan ongeveer R500 per eksemplaar wees.( Sonder bydraes deur donateurs)

 

Die Bond beskik nie oor die fondse om die registers te laat druk en daarna aan die lede en ander belangstellendes te verkoop nie. Die onderskeie navorsers het die navorsing oor die afgelope 20 jaar op eie koste onderneem.

 

Van die ander families wat reeds geslagsregisters uitgegee het, het vooraf ‘n fonds gestig om hul publikasies teen ‘n bekostigbare prys beskikbaar te stel.

Die De Villiers familie het bv. ‘n fonds vir die publikasie van hul geslagsregisters gestig.  Veertien donateurs het elk R5000.00 geskenk en kon hulle die geslagsregisters teen ‘n bekostigbare prys beskikbaar stel. 

 

Om Bestuur en die ledevergadering instaat te stel om ‘n sinvolle besluit ivm. die druk van die Vermeulen geslagsregister te kan maak is dit nodig dat u die meegaande vraelys, by ontvangs van hierdie skrywe, voltooi en per e-pos terugstuur, sodat dit ons bereik voor 15 Maart 2004.

 

U samewerking in hierdie verband word dringend benodig.

 

Hartlike Vermeulen groete

 

Johan Vermeulen

Voorsitter

Die Bond van die Vermeulen Familie.

 

 

           

GESLAGSREGISTER :

 

Die geslagsregister van die Vermeulen familie in Suider-Afrika is gedurende 2004 saamgestel en is op 9 Desember 2004 vanaf die drukkers in ontvangs geneem.

 

Die register bestaan uit ‘n A4 boek, gebind met ‘n hardeband en garing gestik.

Dit beslaan 723 bladsye.

48 Bladsye met fotos van dokumente.

Bevat inligting van net oor die 18 000 Vermeulen afstammelinge.

Ten opsighte van die nageslag van Jan Willemsz Vermeulen net oor die 4 000 persone.

Ten opsigte van Dirk Cornelisz Vermeulen, net onder die 14 000 persone.

Daar is eenmalig 250 registers gedruk. Elke boek is van ‘n uniekenommer voorsien.

Tans (Februarie 2005) is daar nog ‘n beperkte aantal boeke beskikbaar.

 

Alle persone wat in die register belangstel of oor inligting in verband met die Vermeulen familie beskik word versoek om met enige van bogenoemde bestuurslede in verbinding te tree.

Ons verneem ook graag van enige moontlike foute of weglatings wat in die register mag voorkom.

 

BONDSWAPEN:

 

            ‘n Bondswapen  is ontwerp en by die Buro vir Heraldiek geregistreer.

 

WERWING VAN BONDSLEDE:

 

Die bestuur is deurlopend besig om bondslede te werf.  Alle Vermeulen of Vermeulen-afstammelinge word versoek om by die bond aan te sluit deur die lidmaatskapsvorm in te vul en dit te pos aan Izak vermeulen (adres word verstek in die lidmaatskaps-vorm) . Die ledegeld behels R50.00 per jaar  en kan per tjek of per posorder betaal word.

 

 Die ledegeld kan ook in die volgende rekening inbetaal word:

           

            Rekening:                    DIE BOND VAN DIE VERMEULEN FAMILIE

            BANK:                         ABSA CRESTA

            REKENING NO.         9070195133

            TIPE REKENING:      SPAAR

 

Indien geld in die rekening inbetaal word, moet die oorbetalingsbewys die aansoekvorm om lidmaatskap vergesel. Na ontvangs van aansoeke sal lidmaatskapsertifikate uitgereik word.

 

DIE MEULENAAR:


Die Bond se amptelike nuusbrief is “ DIE MEULENAAR”

Die Meulenaar word kawrtaaliks uitgegee.
Deur middel  van die nuusbrief word lede, op  hoogte gehou van bondsaktiwiteite.
       

 

            BESOEKERSREGISTER :

 

            Teken gerus ons besoekersboek: 

             

 

   (Aantal besoeke sedert 2000/06/17)


FastCounter by bCentral


Hierdie bladsy is geskep en word instand gehou deur Johan Vermeulen (Voorsitter).  mailto:jverm@lantic.net